Pukki besoek VSA
As jy gedink het dat die NWU PUK se gelukbringer (mascot) net ‘n persoon in ‘n tarentaal-pak is, dink weer. Pukki wat gereeld sy verskyning by NWU-Puk geleenthede maak het onlangs ‘n drain in die VSA gaan maak om professionele opleiding as ‘n gelukbringer te kry.
Die kamp wat in Tennessee gehou is, is deur die Universal Cheerleaders Association (UCA) aangebied het oor drie dae gestrek. Hoewel die UCA-kamp fokus op rasieleier, het hulle ook ‘n afdeling vir gelukbringers.
Daar is nie regtig ‘n kultuur van gelukbringers in Suid-Afrika nie en soortgelyke kampe word nie plaaslik aangebied nie. Daarom het hulle besluit om Amerika toe te gaan vir opleiding. “Daar is ‘n gelukbringer vir elke liewe ding in Amerika so jy wil graag leer by die meester,” sê Pukki se woordvoerder, Marietjie Cowan. Volgens Cowan is die NWU die enigste universiteit wat ‘n gelukbringer van Pukki se kaliber het. “Toe ons terug kom en ons sien ‘n geleukbringer in winkelsentrums het ons gedink dit lyk soos ‘n ‘human in a suit’. Jy mag nie ‘n ‘human in ‘n suit’ wees nie.”
Volgens Cowan word daar ‘n karakter geskep met ‘n gelukbringer en die UCA-kampe leer meer hoe om met die karakter te werk te gaan. Daar is baie spesifieke reëls wat ‘n gelukbringer moet volg om die beeld van die karakter te behou. Die gelukbringers word geleer watter aksies hulle kan uitvoer, hoe om ander mense te betrek en hoe om hulle eie persoonlike stap te ontwikkel.
Dinge soos rook, drank en onwelvoeglike bewegins is ook onaanvaarbaar in die lewe van ‘n gelukbringer.
Volgens Cowan is daar strikke aan die gelukbringers gegee wat goed presteer het en op die laaste het Pukki ‘n blou strik ontvang wat die grootste eer is.
Die gelukbringers leer ook meer van die praktiese aspekte van gelukbringers soos hoe lank hulle in die pak kan spandeer en hoe jy die pak versorg.
Pukki is ‘n handelsnaam ambasadeur en ‘n omgee karakter. Daar word ook gesorg dat die persoon wat in die Pukki-pak staan ‘n geheim bly. “Jy skep ‘n karakter en niemand mag ooit weet wie is die gelukbringer nie. As jy weet wie in die pak is gaan dit die karakter in gedrang bring en dan is dit nie meer ‘n karkakter nie, maar ‘n mens in ‘n pak,” sê Cowan.
Hoewel daar slegs een persoon was wat in die Pukki pak gestaan het, is daar oudisies gehou om nog mense in te kry. Die groep staan bekend as die Pukki komittee. Omdat die een verteenwoordiger vir Pukki nie altyd beskikbaar is nie, gaan die Pukki komitee roteer as die gelukbringer.
Volgens Cowan wil hulle Pukki se verskynings in die publiek meer elite maak. Hoewel hy nog steeds by groot en klein geleenthede sal opdaag moet hy kom en gaan wanneer hy wil. “Die reël van ‘n gelukbringer is ‘hy vra nie toestemming nie, hy sal om verskoning vra’. Hy moet nie ingeperk word nie.”
Pukki is selfs genooi om aan die Nasionale Gelugbringer Kampioenskappe deel te neem. Daar word ook beplan om die wêreld van Pukkie uit te brei en daar word selfs glo ‘n toep (application) beplan.