Arm/ryk student
Dit is niks vreemds om vandag rye luukse motors in die parkeerareas van Suid-Afrikaanse universiteite te sien. Ongelukkig is dit baie kontrasterend teenoor dit wat in sommige studente se lewens aangaan.
Baie Suid-Afrikaanse families ervaar finansiële druk in die huidige ekonomie en Universiteitskostes dra moontlik daartoe by.
Volgens 'n verslag wat in Februarie 2012 deur die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, bekend gestel is, wys die data, wat uit 18 universiteite geneem is, dat die die hoeveelheid inwonende studente wat finansiële hulp kort, drasties verhoog het. In 2008 het die hoeveelheid studente wat op kampus bly en finasiële steun ontvang gestaan op ongeveer 63 000. In 2010 het dit gestyg tot 74 000.
Hierdie is 'n aanduiding van die finansiële druk wat op studente kan rus. Maatskaplike werker van die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus, mevrou Lenie Kotzé, sê daar is 'n duidelike toename in die aanvraag vir finansiële ondersteuning vir studente, in vergelyking met laasjaar.
Ernstige Finansiële probleme in 'n student se lewe het egter ook ʼn invloed op sy/haar akademie. "Hoe kan akademiese presteer as ek nie kos het om te eet nie? Nie boeke het nie? Nie presentable in die klasse is nie," sê Kotzé.
Baie studente het 'n vaste inkomste, oftewel sakgeld en is versker daarvan dat daardie geld aan die begin van elke maand inbetaal word. Ander studente moet die laaste biejite geld saamskraap en het nie ʼn idee waar hulle volgende geld vadaan sal kom nie.
ʼn Student op die Noordwes universiteit se Potchefstroomkampus Nathan Bezuidenhout is ook van mening dat behoeftige studente dit moeiliker vind om te swot. "Sommige keer moet ʼn man wonder 'van waar af kom my volgende maaltyd?' daan gaan jy maar na NSFAS toe om vir jou ʼn geldjie te vra. Nou sien, 'n ryk man hoef nie nog te worry oor 'ek moet nou nog krag koop..."
Daar is verskeie kanale wat studente van Noordwes universiteit kan volg om ondersteuning te kry. "Die kanale wat die student gaan volg gaan afhang van persoon-tot-persoon en hoe groot die krisis is," sê Kotzé. Studente sal soms by die gesondheidsentrum opdaag en reeds fisiese simptome van wanvoeding wys.
Studente kan ook gebuik maak van ʼn NSFAS (National Student Financial Aid Scheme of South Africa) beurs, sê mnr. Danie Hefer, hoof van finansiële steundienste. Die ouers van die student wat aansoek vir die beurs doen moet egter 'n minimum jaarlikse inkomste verdien wat deur NSFAS gestel word. Studente kan ook 'n toelaag vir etes kry wat behels dat daar R500 'n maand op die betrokke student se studentekaart gelaai word. Die HK-lede van die Noordwes universiteit se koshuise ontvang ook ʼn lys met name van al die studente in die betrokke koshuis wat afhanklik van 'n NSFAS beurs is.
Voormalige SR SJGD van die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus, John-Marc Stidworthy, sê dat persepsies ook 'n invloed op studente kan hê. Studente vorm soms die verkeerde persepsies van mekaar wat kan beïnvloed hoe hulle die finansiële probleme hanteer. Volgens Kotzé het die desperaatheid van die student ook 'n invloed daarop. "As ek (as student) regtig nie kos het nie en ek weet van die maatskaplike werker, stap hulle skaamteloos om te kom sê dat hulle nie meer kos het nie."
Kotzé vertel verder dat sy studente het wat nie eers ʼn bed het nie en op die grond slaap.
Stidworthy vertel dat een van gevalle wat vir hom uitstaan is die van 'n student wat kos uit asblikke uit gekrap het. Sy was die top van haar vakgroep asook voorsitter van ʼn kommittee Die betrokke student het dit so goed verbloem dat niemand in haar koshuis of onmiddelike kringe agtergekom het dat dit so sleg gaan nie.
Daar is ʼn R10 000 koopbewys vir Checker aan haar gegee, en Stidworthy sê dat hoewel sy die groot bedrag geld ontvang het, het sy baie spaarsamig met haar geld gewerk.
Volgens Stidworthy kan dit soms vir ʼn behoeftige student wat in 'n koshuis bly moeilker wees om vir hulp te vra. Daar ontstaan altyd die moontlikheid dat een van die medekoshuislede uitvind van die student se finasiële stand. "Dit is ook jou vriende, en wil jy nie deur jou vriende gesien word as die arm outjie nie, want baie ouens is bang vir dáardie plakker."
Die druk op studente om persepsies voor te hou, raak soms te veel. Studente kan soms nie in ʼn finansiële sin, by hulle vriende byhou nie. Stidworthy vertel dat hulle tans besig is met ʼn soortgelyke geval. Die student kon eenvoudig nie by hou by die beeld wat sy vriende van hom geskep het nie, en siende dat hy dit nie kan beskostig, het hy 'n naskeermiddel gesteeel. Nadat hulle met die student gepraat het, het hulle bevind dat dit nie ʼn algemene verskynsel is nie, maar dat hy dit slegs gedoen het om ʼn beeld vir sy vriende voor te hou.
Daar was onsekerheid oor hoe een van die studente die maaltyd geld wat aan haar verskaf is hanteer. Volgens Kotzé het hulle state van student se studentekaart getrek. Van die items wat sy noem, soos kaaskoek, kan amper as ʼn l"uuksheid" beskou word vir die hoeveelheid geld wat gegee is. Hulle het navraag gedoen en besef dat die student net probeer om haar finansiële probleme van haar vriende weg te steek. Stidworthy sê dat dit ook ʼn geval kan wees waar die student nie gewoond is daaraan om geld te kry nie en dan weet hy nie hoe met die te werk nie.
Daarteenoor is daar ook studente wat 'n oneindige geldvloei genereer. Dit is ʼn vreemde gedagte om te dink jy stap gelyktydig verby 'n ry luuksie motors, en ʼn student wat in ʼn asblik moet krap vir kos. Weereens word dit teruggetrek na die oorvloed van persepsies wat deur studente opgestel word: daar is sekere standaarde en dit moet ten alle koste behou word.
Stidworthy sê armoede 'n relatiewe begrip is. "Daar is studente wat nie kan eet nie, en dan is daar ander studente wat nie sy ete in die Draak kan eet nie.
Mia Malherbe, ʼn student van die Noordwes universiteit se Potchefstroomkampus studeer op 'n NSFAS beurs. "Om 'n NSFAS beurs te hê moet jou ouers minder as R160 000 'n jaar verdien." Dit is juis hieroor dat Malherbe voel jy nie iemand kan klasifiseer as ryk as hulle studeer nie. "`Dit is wat jy dit vir jouself maak."
Daar is ʼn aglemene informele spreukwoord wat lui "so arm soos ʼn student." Simon Sonnekus tref onderskeid tussen die twee tipes "arm" student. "Ek klasifiseer myself as 'n arm student in terme daarvan dat ek nie meer geld oor het tot die einde van die maand nie so ek kan nie vanaand uitgaan en gaan kuier nie, maar ek het kos in die yskas." Sonnekus sê dat die minderbevoorregte studente het net hulle studies waaraan hulle vashou en hulle is hier met doel om te studeer.
Kotzé sê ook dat daar kansvatters is. "Studente is studente. Jy kry die eerlike, eerbare student wat werklik 'n probleem het en dan kry jy die vet kansvatters ook." Daarom evalueer en ondersoek Kotzé eers die student se agtergrond.
Na aanleiding van die hoë vlak van annonimiteit wat behou moet word, is dit 'n moeilik bemaarkbare konsep.
Stidworthy sê egter dat hy dink die sitsteem, ek dink hulle word gekommunikeer, maar ek dink ook daar gaan nooit genoeg wees wat ons doen nie want daar sal altyd iemand wees wat deur die krake glip. Dit is nie noodwendig dat ons nie genoeg doen nie, maar ʼn mens kan altyd meer doen.
Gaan luister na die potgooi van Arm/ryk studente