DBV reik uit
Dieremishandeling kan soms die gevolg van onkunde wees. Daarom het die Potchefstroom DBV (Diere Beskermings Vereniging) besluit om uit te reik na die omliggende landelike gebiede van Potchefstroom en die gemeenskap op te voed en te lig oor dieresorg.
Volgens die bestuurder en ʼn inspekteur van die Potchefstroom DBV, Danie Nortje, was die persepsie van die DBV aan die begin van hierdie bewusmaking nie posetief nie. “Die mense het maar net gedink die DBV is hier om moeilikheid te maak.” Nortje sê dat die mense onder die indruk was dat die DBV hulle honde gaan wegvat en hulle gaan arresteer. “Ons het dit (persepsie) verander,” sê Nortje.
Tydens hierdie bewusmakingsveldtog gaan die DBV uit na gebiede soos Promosa en Ikageng. Daar word groot skerms opgeslaan waar opvoedkundige videos gespeel word en daar word ook demonstrasies gehou om die gemeenskap te leer hoe jy diere moet hanteer. Sodoende word onbewuste mishandeling vermy.
“Dit is nie dat mense moedswillig is om ‘n hond vas te maak aan ‘n ketting of hom in die son te los nie. Dit is nie moedwilligheid nie, hulle het nie kennis daarvan nie, want sy oupa het dit gedoen, en sy pa het dit gedoen, so weet nie van beter nie,” sê Nortje. Dít is ook die rede hoekom die DBV die bewusmaking begin het.
Probleme wat aangeraak word in die omgewing is hondsdolheid, die jag met honde en inentings. Volgens Nortje is hondgevegte ook ‘n groot probleem in Promosa.
Nortje sê dat hulle altyd opsoek is na vrywilligers om te help.

Gaan luister na die onderhoud met die bestuurder en inspekteur vna die Potchefstroom DBV, Danie Norte