Die waarheid agter die weerstand
Die ingang van die Osseswa-Brandwag museum is onopmerklik. Geheimsinnig. Amper asof niemand daarvan mag weet nie. Baie soos die Ossewa-Brandwag self.
Die geheimsinnige deure lei an ‘n nou gang waar twee oranje-blanje-blou vlae jou salueer. Die stofreuk is oorweldigend al is daar nie stof in sig nie.
Verder af in die gang hang daar vlae wat deur die ondergrondse weerstandbeweing gebruik is. Dit voeol amper soos die ingangsportaal van die Ossewa-Brandwag, oftewel OB, se hoofkwartieere, as daar ooit so iets was. Aan die regterkant staan ‘n klavier. Dit laat jou wonder of die klavier deel uitmaak van die museum of word hy maar net hier gestoor.
Daar is baie stories rondom die OB, en tog vole die beskikbare inligting soms eng. De toergidse ryg die een na die ander geskiedkundige feite uit, maar dit voel asof hulle iets uitlos.
Links staan twee kunswerke. Die een beeld die 1881 Amajuba-veldtslag uit waar, volgens die toergids, “ons die britte laat les opsê het”. Die beel in die tweede kunswerk lyk amper soos stoorkamers. Dit is egter interneringskampe.
“Nee, nie ‘n konsentrasiekamp nie, ‘n interneringskamp,” help die toergidse ons reg. Dit is in die hierdei kampe waar krygsgevangenes aangehou is waar die 90-dae sonder verhoor ontstaan het.
Die interneringskmape gestig omdat die Britse Unie dit as ‘n bedreiging gesien het daar sommiges nie aan die tweede wêreld oorlog wou deelneem nie, soos die OB wat ongeveer uit 250 duisend lede bestaan het. Dit verduidelik ook die rede hoekom die OB ‘n ondergrondse beweging was.
Die argivaris lyk reg om aan te beweeg na die volgende uitstalling. Niks is gesê oor die klavier nie. Om die draai staan daar ‘n glaskas wat vol hout artefakte is. Die kas is vol houthourtjies wat strek van glasies na poeierhourtjies. Die OB het hulleself goed besig gehou in die interneringskampe en die was die produk daarvan.
Hulle het egter hulself nie net besig gehou met houtwerk nie, maar het ook ander basiese vaardighede aangleer. Hulle het ook ‘n koerant gehad genaam OB.
Met sekeres geleeltes van die museum is dit moeilik om jou aandag te behou, maar op daardei oomblikke vind jou oë vinnig iets om weer te sien, soos die klere.
Uitgestal agter glas staan baadjies wat lyk of dit van ongebleikte linne gemaak is. Dit is egter van lakens gemaak. Na ses maande sou daar glo nuwe lakens verskaf word, maar dan probeer die OB om bietjie ekstra lakes te kry sodat hulle kan klere maak.
Volgens die argivaris was die OB nie moeilikheidmakers nie. Inteendeel, hulle mense wat baie groot posisies in die samelewing vol gestaan het soos dokters en advokate. “Hulle was die wit freedom fighters,” sê sy.
Die toer deur die museum is op ‘n einde en dit voel nog steeds asof die argivaris iets uitgelos. Asof daar ‘n gedeelte van die geskiedenis is wat nie opgeteken is. Was die OB regtig vredevegters? Was hulle regtig nie die moeilikheidsmakers nie?
Die kanse is skraal dat jy dit ooit sal uitvind. Wat jy wel van die Ossewa Brandwag leer, is dat dit ‘n groep mense was wat opgestaan vir iets waarin hulle geglo het.