PUKfm by die MTN Radiotoekennings
Almal wat ‘n stem vir radio het is besig om hulself gereed te maak vir die jaarlikse MTN Radio Toekennings. Die benoemings is in, die beoordelaars is gereed en Suid-Afrikaanse radiopersoonlikhede is is reg vir die gala-aand, waarvan een PUKfm is. Lees verder
DBV reik uit
Dieremishandeling kan soms die gevolg van onkunde wees. Daarom het die Potchefstroom DBV (Diere Beskermings Vereniging) besluit om uit te reik na die omliggende landelike gebiede van Potchefstroom en die gemeenskap op te voed en te lig oor dieresorg. Lees verder
Geen vrees vir vigstoets
Studente van die NWU se Potchefstroomkampus dink skynbaar dat dit nie nodig is om vir ‘n HIV/Vigs-toets te gaan nie. In die tydperk November 2010 tot Oktober 2011 het slegs 370 studente hulle laat toets. Dit is gelykstaande aan die aantal studente wat binne ‘n maand opp ander kampusse getoets word. Lees verder
Standard Bank kry nuwe baadjie
Standard Bank het 'n nuwe konsep in studentebankdienste bekend gestel in Cachet Park en dit sluit hulpmiddels soos Apple iPads en Apple Mac-rekenaars in. Volgens die spanleier van die Standard Bank-studentesentrum, Juan Smit, was studente die inspirasie vir die nuwe baadjie. Dit volg na 'n studie wat by die Universiteit van Johannesburg (UJ) gedoen is oor studente se persepsie van banke.Lees verder
Talle uitdagings vir digitale TV
Suid-Afrika is op die drumpel om oor te skakel van analoog-televisieuitsendings na digitale uitstendings te maak, maar daar lê egter nog steeds talle uitdagings voor. Lees verder
2012-staatsrede
Gelykheid, armoede en onderwys was die hooftemas wat tydens die 2012-staatsrede deur President Jacob Zuma aangeraak is.
Zuma het ook die tyd geneem om die inter-ministeriële komittee van die COP 17 klimaatberaad te bedank. Die klimaatberaad is verlede jaar November in Durban gehou en volgens Zuma was dit ‘n groot sukses. Lees verder
Zuma het ook die tyd geneem om die inter-ministeriële komittee van die COP 17 klimaatberaad te bedank. Die klimaatberaad is verlede jaar November in Durban gehou en volgens Zuma was dit ‘n groot sukses. Lees verder
Pukki besoek VSA
As jy gedink het dat die NWU PUK se gelukbringer (mascot) net ‘n persoon in ‘n tarentaal-pak is, dink weer. Pukki wat gereeld sy verskyning by NWU-Puk geleenthede maak het onlangs ‘n drain in die VSA gaan maak om professionele opleiding as ‘n gelukbringer te kry. Lees verder