Standard Bank kry nuwe baadjie
Standard Bank het 'n nuwe konsep in studentebankdienste bekend gestel in Cachet Park en dit sluit hulpmiddels soos Apple iPads en Apple Mac-rekenaars in.
Volgens die spanleier van die Standard Bank-studentesentrum, Juan Smit, was studente die inspirasie vir die nuwe baadjie. Dit volg na 'n studie wat by die Universiteit van Johannesburg (UJ) gedoen is oor studente se persepsie van banke. Die toets-tak is geskep deur die ontwerper, Carrie-Anne Burne en word gebruik om te kyk of die vars uitleg en moderne fasiliteite meer aanklank vind by studente. DIe bank is regoor die NWU-Puk geleë en daarom het Standard Bank dié spesifieke tak gekies om die nuwe konsep uit te toets.
DIe transformasie het ongeveer vier tot ses miljoen rand gekos en buiten vir die estetiese waarde van die ontwerp is daar talle nuwe fasiliteite om studente te akkomodeer. Die nuwe fasiliteite sluit Apple Mac-rekenaars in wat studente in staat stel om verniet hulle banksake op die internet te hanteer. Verder is daar 'n reeks Apple iPads sodat studente sosiale netwerke kan gebruik of selfs musiek kan luister terwyl hulle wag om gehelp te word.
Standard Bank en die klere handelsnaam, Soviet, het ook 'n venootskap gevorm. Soviet wat nie 'n winkel in Potchefstroom het nie het besluit om as deel van die projek 'n venootskap met die nuwe konsep van Standard Bank te vorm om hulle reeks bekend te stel.
Gaan luister na die onderhoud met die spanleier van die studentesentrum van Standard Bank, Jaun Smit