Om na ‘n wit plafon te staar – ‘n (reguit) roman deur Jaco Kirsten
Lourens Erasmus geskeide motorjoernalis in sy laat dertigs. Hy werk vir Die Kapernaar en begin moeg vir raak vir sy alledaagse, eentonige bestaan. Hy ontmoet Lara Krog, ‘n redakteur wat vir Orca-uitgewers werk. Lara ontvang druk van haar baas om vorendag te kom met ‘n nuwe skryfstuk: iets vars wat nuwe lewe in die uitgewery kan blaas. Nadat Lourens oortuig word om ‘n boek te skryf kry hy ‘n idee om ‘n satire te skryf oor die politieke stand in Suid-Afrika: wat as daar ‘n mediese deurbraak was om wit mense swart te kan maak. Sou dit beteken dat alle ongelykheidsprobleme in ons land iets van die verlede sal wees? Of gaan dit beteken dat die regerende party sy mag verloor? Watter implikasies sal die boek op ‘n uitgewer hê wat onder bestuur van ‘n wit man is?
Die boek ondersoek relevante politiese vraagstukke waarmee meeste Suid-Afrikaners op een of ander manier sal kan identifiseer. Die daaglikse struikelblokke wat voorkom in ‘n land waar mense self nie seker is wat om van die politiese stand van sake te maak nie. Dit word op ‘n reguit en eerlike manier oorgedra. Dit kom soms egter voor of die boek te kort skiet op baie literêre vlakke. Die karakterontwikkeling kom nie sterk genoeg na vore nie en soms kan van die karakters skisofrenies voorkom, maar die karakters se motivering is sterk genoeg om verby dit te kyk.
Dit voel egter soms of die skrywer nie seker was hoe om die boek af te sluit nie en dit voel gedwing en afgejaag. Maar die relevansie en eerlikeheid is van die boek kompenseer daarvoor. Dit maak hierdie boek ‘n verwesensliheid van talle Suid-Afrikaners se gedagtes. Daardie gedagtes wat almal dink, maar weens ‘n vrees om poilities-inkorek te wees, nie verwoord word nie.