PUKfm gereed vir toekennings
Almal wat ‘n stem vir radio het is besig om hulself gereed te maak vir die jaarlikse MTN Radio Toekennings. Die benoemings is in, die beoordelaars is gereed en Suid-Afrikaanse radiopersoonlikhede is is reg vir die gala-aand, waarvan een PUKfm is.
Die toekennings is gemik daarop om erkenning te gee aan Suid-Afrikaanse radiotalent. Vanjaar is ook die eerste jaar wat studenteradiostasies die geleentheid kry om in hulle eie katogorie deel te neem. Waar studenteradiostasie in die verlede moes meeding met groot gemeenskapsradiostasie, het die organiseerders besluit om dit vanjaar anders te hanteer. Dit het ook aan PUKfm die geleentheid gegee om in die kompetisie uit te staan.
Volgens PUKfm se stasiebestuurder, Amoré Truter, het die stasie 18 nominasies ingeskryf, waarvan nege aanvaar is as finaliste. Truter word ook geëer met een van die benoemings wat voorheen bekend was as die Young Achiever-toekenning, maar wat nou herdoop is na die Bright Star-toekenning. “Dit is awsome om te kan voel iemand sien dit raak,” sê Truter oor haar benoeming.
Dit gaan egter vir haar oor veel meer as net haar eie prestasie en sy is bly dat lede van PUKfm vergoed word vir hulle harde werk.
Programbestuurder van PUKfm, Charonike Nel, is genomineer vir Rooiwynsondag in die katogorie Beste Kampus Musiek Program. Nel deel ook twee benoemings met ‘n mede-aanbieder vir Beste Kampus Sport Program en Beste Sport Program aanbieders. “Om erkenning te kry op ‘n vlak van die MTN Radio Awards is regtig nogal iets wat nie ingesink het nie,” sê Nel.
PUKfm is ok benoem vir 93.6 Ure in die katogorie Promotional Stunt vir kampus radiostasie. Die PUKfm nuusredakteur, Bianca van Aardt was deel van 93.6 Ure waar sy en Janus de Villiers vir 93.6 ure aaneen op die lug was. Volgens Van Aardt is dit ‘n emosionele ervaring. “As ek daaraan dink, sit die trane net hier bo, want dit is vir my so onbeskryflik dat so iets kon gebeur het,” sê Van Aardt. Hierdie is haar vierde jaar by die stasie en sy sê dat dit voel of dit die eerste keer is dat PUKfm die erkenning kry en regtig raakgesien word.
Die wenners van die 2012 MTN Radio Toekennings word Saterdag 14 April aangekondig tydens die gala-aand wat in Sandton gehou word.