Die wonderwerker
Na 14 jaar bring Katinka Heyns uiteindelik weer ‘n fliek vir die silwerskerm. Die storie geskryf deur Chris Barnard is ‘n greep uit die Suid-Afrikaanse digter en wetenskaplike Eugène Marais se lewe. Marais eindig by ‘n familie in die Waterberg op waar hy dan vir twee jaar lank bly en die familie,asook die inwoners van die omgewing se lewe vir altyd verander. Dit hanteer egter ook die kwessie van sy morfien en opium verslawing.
Dawind Minnaar vertolk die rol (of eerder word) Eugène Marais en soos Heyns en Barnard het hy duidelik die rol met deernis genader. Hetsy dit Heyns se regie, Barnard se vermoë om ‘n storie te vertel of Minnaar se ongelooflike talent is. Hierdie stukkie uit ‘n Suid-Afrikaanse en wêreld legende se lewe is baie eerlik oorgedra. Van die oomblikke waar Marais jou toor met sy persoonlikheid tot daar waar hy weerloos opgekrul lê van die ontrekkingsimptome. Alles word eerlik en sonder pretensie oorgedra. Daar word geen Hollywood fieterjasies aangeheg nie.
Van die eerste oomblik wat Elize Cawood as Maria van Rooyeen verskyn besef jy weereens watter legende sy is. Cawood sorg hier en daar vir komiese verligting, maar maak baie erns om die vroue van daardie tyd te verteenwoordig. Die vroue wat outoriteit uitgestraal het en die eintlike draers van die familie was.
Marius Weyers wat die rol van Maria se man, Gys van Rooyen vertolk verdwyn soms in die agtergrond, maar dit kan toegeken word aan die karakter se afwesigheid by sy familie. Weyers bly egter ‘n akteur wat deur min vebygavat sal word. Hoewel uitstekende spel van Weyers, Cawood en Minnaar eintlik verwag word, is dit die jong Anneke Weideman wat aangenaam verras. Weideman wat laas in Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom te sien was vertolk die rol van Jane Brayshaw. Sy maak die sprong tussen komedie en ernstige drama sorgeloos.
Die fliek is een van daardie Afrikaanse juwele wat saam met Paljas, Die storie van Klara Viljee en die meer onlangse Roepman sal pronk. Die karakters maak die storie wat dit is en doen dit so natuurlik dat dit soms voel asof jy inbraak maak in die mense se lewe.
Gaan kyk na die lokprent van die Wonderwerker.