Geen vrees vir vigstoets nie
Studente van die NWU se Potchefstroomkampus dink skynbaar dat dit nie nodig is om vir ‘n HIV/Vigs-toets te gaan nie. In die tydperk November 2010 tot Oktober 2011 het slegs 370 studente hulle laat toets. Dit is gelykstaande aan die aantal studente wat binne ‘n maand opp ander kampusse getoets word.
Só sê die hoof van Primêre Gesondeheidsorg by die NWU-PUK, Suster Bea Ptretorius. Sy het gereageer op die aankondiging deur die minister van gesondeheid, Aaron Motsoaledi, dat sowat 35 000 studente teen die einde van die jaar vir HIV en Vigs getoets gaan word as deel van die First Things First-veldtog
Volgens Pretorius, wil dit voorkom of die studente op dié kampus nie so bereidwillig is om getoets te word soos die studente van ander kampusse nie. Die rede vir die lae toetssyfer is nie duidelik nie, maar dit kan moontlik toegekskryf word aan die stigma rondom HIV/Vigs.
Die sielkundige by die gesondheidssentrum Ingryp , Suzettte Weideman, sê dat ongeveer 90% van die mense wat aanemeld vir toetsing, selfs besluit om dit te doen. Die minderheid is verwysings soos in die geval van ‘n swamgerskap). “’n Groot gedeelte hiervan is ouens wat gereeld kom toets, die wat sê hulle is meer blootgestel as ander,” sê sy.
Weideman sê ook dat daar altyd ‘n vorm van angstiheid met ‘n HIV/Vigs-toets gepaard gaan, maar dat die bevoegdheid van die beraders help daarmee. Volgens wet moet diegiëne wat vir ‘n HIV/Vigs-toets aanmeld eers vir berading gaan.
Buiten vir die bogenoemde, is daar ook bewusmakings op kampus om studente so ver te kry om vir ‘n HIV/Vigs toets te gaan.
Hoewel dit nog in die beplanningsfase is, gaandie NWU van 20 tot 24 Augustus 2012, ‘n bewusmakingsveldtog in samewerking met onder andere HEAIDS (The Higher Education HIV/AIDS Programme) en HESA (Higher Eduacation South Africa). Tydens die week word daar ‘n sentrale toetsstasie op die kampus geplaas waar studente vir HIV/Vigs-toetse kan gaan.
Is studente bereid om tydens só’n bewusmaking hulle HIV/Vigs status uit te vind? Nadat ‘n paar studente gevra is of hulle dit wel sal doen, was daar slegs twee studente wat gesê het dat hulle nie getoets sal word nie, bloot omdat hulle weet dat hulle status negatief is. Ander sê egter weer dat dit belangrik is om getoets te word, selfs al is jy nie seksueel aktief nie.
Studente met navrae oor HIV/Vigs, kan Ingryp skakel (018 299 1777).

Gaan luister na studente van die NWU-Puk se opinies rakende die kwessie