2012-staatsrede
Gelykheid, armoede en onderwys was die hooftemas wat tydens die 2012-staatsrede deur President Jacob Zuma aangeraak is.
Zuma het ook die tyd geneem om die inter-ministeriële komittee van die COP 17 klimaatberaad te bedank. Die klimaatberaad is verlede jaar November in Durban gehou en volgens Zuma was dit ‘n groot sukses.
“Die finale uitkomste van die COP 17 was geskiedkundig en het ‘n instelling geskep, gelykstaande aan die 1997 beraad waar die Kyoto protocol geïmplimenteer is.”
Een van die uitkomstes wat bereik is tydens die beraad is ʼn besluit om ʼn bedrag van R248 miljoen, oor die volgende twee jaar te bestee aan ʼn oplossing vir die probleem van suur mynwater in Witwatersrand.
Daar is voorheen aangedui dat daar ook ʼn besluit tydens die beraad geneem is, om geld aan die Groen Klimaatfonds te skenk sodat ontwikkelende lande skoon energie in die toekoms kan skep.
Volgens Zuma gaan hulle aanhou soek na hernubare energiebronne, om energie kapasiteit te verhoog, “veral sonkrag en bio-brandstowwe, terwyl die Groen Ekonomiese Ooreenkoms met ekonomiese belanghebbendes geïmplimenteer word.” Tot op datum het hulle al meer as 220 000 sonkrag geisers landwyd geïnstaleer, maar die regering se teiken is egter een miljoen sonkrag geisers teen 2015.
Zuma sê dat Suid-Afrika die Rio + 20 beraad oor volhoubare ontwikkeling in Brasilië ook gaan bywoon, om sodoende te bou op die sukses van COP 17. Die Rio + 20 beraad vind vanaf 20-22 Junie 2012 plaas en gaan hoofsaaklik fokus op die politieke verbintenis met volhoubare ontwikkeling.