Talle uitdagings vir digitale TV
Suid-Afrika is op die drumpel om oor te skakel van analoog-televisieuitsendings na digitale uitstendings te maak, maar daar lê egter nog steeds talle uitdagings voor.
Die gerugte van die oorskakeling doen al die afgelope paar jaar die rondes, maar volgens ‘n navorser van die Suid-Afrikaanse Onafhanklike Kommunikasie-owerheid (Okosa), Siphiwe Hlongwane, sal die bekendstelling van dié sogenaamde digitale era na verwagting teen die einde van volgende maand plaasvind. Hlongwane het Donderdag ‘n voorlegging by die NWU PUK gelewer oor die oorskakeling. Kykers sal egter eers later in die jaar toegang hê tot sommige van die nuwe kanale.
Hlongwane, sê een van die groot veranderings wat die oorskakeling gaan meebring is die vermeerdering van kanale. “Ons beweeg in die era waar ons waarskynlik in die volgende 18 tot 24 maande SABC1 tot SABC20 sal hê.”
Digitale uitsendings gaan ook glo vir ‘n groter diversiteit in programme sorg. Met die huidige SABC1 tot SABC3 kan dit moontlik problematies wees om ‘n groot verskeidenheid programme in verskillende tale te produseer. “Maar nou dat ons in ‘n digitale era ingaan waar daar 20 kanale is, is daar geen verskoning nie,” sê Hlongwane.
Volgens Hlongwane gaan daar ook meer op plaaslike inhoud vir televisieprogramme gefokus, selfs al is dit duurder.
Daar is egter ook nog ‘n paar uitdagings, sê hy.
Een hiervan is die dekodeerder wat kykers in staat gaan stel om televisie te kyk. Sonder die dekodeerder wat soortgelyk is aan dié van DSTV en TopTV gaan dit nie moontlik wees om enige SABC kanale te kyk nie.
Die vraag bly staan wat van die mense wat nie ‘n dekodeerder kan bekostig nie. Daar word glo beplan om diegene wat dit nie kan bekostig nie, gedeeltelik of selfs ten volle te subsideer. Die koste van die dekodeerder is nog nie bekend nie, het hy gesê.
Die digitale uitstendings gaan ook eienaarskap in die uitsaaimedia beïnvloed aangesien daar nie meer net op een kanaal gefokus word nie. “Daar gaan gefokus word op uitsaaihandelsname.” Met ander woorde, kykers gaan nie slegs fokus op SABC1 of eTV nie, maar kan oorskakel na eTV2 of eTV3 wanneer hulle nie tevrede is met die eerste kanaal nie.
Die oorskakeling dwing ook vir Okosa om hulle regulerings strukture aan te pas. “Jy kan nie in ‘n digitale era in beweeg met ‘n beleid wat gebasseer is op ʼn analoë stelsel nie.” Volgens Hlongwane moet daar ook ‘n balans kom tussen die regulering wat in die openbare belang is en regulering wat gesonde kompetisie aanmoedig.
Hoewel die noodsaaklikheid van die nuwe regulasies in ‘n digitale era baie beklemtoon is, is daar nog geen nuwe regulasies vasgemaak nie. Daar is openbare verhore gehou om ‘n beter idee te