Onderhoud - Helen Ueckermann - Vryskutjoernalis
V: Wat is die grootse voordele en nadele daarvan om ‘n vryskutjoernalis te wees?
A: Voordele: Jy is onafhanklik; jou eie baas; werk op jou eie tyd; geen kantoorure nie; kan jou werk kies; kan nee sê vir werk; wersbevrediging; dieselfde baas blaas nie tien jaar lank in jou nek nie; jy kan baie meer geld maak; jy het selfrespek en respek van ander.
Nadele: Kry nie meer ‘n vaste inkomste nie; daar is nie vaste ure nie; as jy nie van jou laat hoor nie, vergeet mense van jou; daar is kompetisie van ander vryskutte; jy moet jou eie idees en werk genereer, jy moet nog steeds soms werk doen waaroor jy nie mal is nie, omdat jy moet geld maak.
V: Wat het jou laat besluit om vryskut te doen?
A: Ek het nog altyd gevryskut, selfs toe ek heeltyds gewerk het.
Ek het in 2005 as vryskut begin werk vir Carpe Diem Media en het huuel Geld&Werkrubriek vir so vier jaar gedoen. Ek het ook jare lank vir Beeld in die nagkantoor gaan sub as vryskut. Ek het ook vir ‘n reklamemaatskappy vertaal- en redigeerwerk gedoen. Maar dit was alles terwyl ek nog heeltyds gewerk het. Drie jaar gelede het ek by Rapport, waar ek gewerk het as ‘n spesialis-joernalis op die Sake-redaksie, bedank en my eie ding begin doen.
Toe my kinders groot is en ek het nie meer die verantwoordelikheid gehad om hulle te onderhou nie, het ek getwyfel nie getwyfel nie. Eersten is daar nie so iets soos ‘n hoogs betalende heeltydse werk in die joernalistiek nie. Die joernalistiek betaal nie goed nie, ek sal nooit verdien wat ek nou verdien nie. Ek geniet my vryheid te veel. Ek sal nooit weer ‘n heeltydse werk oorweeg nie tensy ek deur omstandighede daartoe gedwing word.
Dit is belangrik om te noem dat ek vir jare heeltydse werke in die joernalistiek gehad het, onder meer by die SABC, Die Vaderland, Beeld en later verskeie poste by Rapport. Ek dink dit is baie belangrik om die nodige agtergrond en ondervinding te kry voor jy heeltyds begin vryskut.
V: Hoe werk jou salaris?
A: Ek betaal myself ‘n sekere bedrag ‘n maand, en sit die res weg. Dit is ‘n ooreenkoms wat jy met jouself aangaan. Dit is moeilik om gou-gou betaling vir werk te kry, want jy word dikwels betaal in die maand van publikasie, wat maklik drie maande verder kan wees. Die antwoord is dissipline en verantwoordelikheid. Skep as die reën en sit weg vir die droogte, dal sal ‘n stadige maand nie ‘n rampspoedige maand word nie.
V: Wanneer jy stories/fotos na publikasie stuur, hoe besluit jy op die publikasie vir wie jy stuur?/ Vra hulle die stories aan?
A: ‘n Mens skryf met ‘n spesifieke publikasie in gedagte. Die beteken dat jy moet weet hoe die publikasie waarin jy belang stel daaruit sien, wat hulle styl is en wat die onderwerpe is wat hulle graag aanroer. Dit help nie jy stuur ‘n artikel oor visvang na ‘n vrouetydskrif nie. Ek word altyd gevra, of ek maak voorstelle en word dan opdrag gegee om dit te doen. Ek doen niks voor dit nie op skrif is nie en voordat daar op die tarief per woord ooreengekom is nie.
V: Stuur jy die stories/fotos na een publikasie op ‘n slag, of stuur jy dit na verskeie publikasies toe?
A: Jy kan dit na verskillende publikasies stuur, maar publikasies verkies om iets eksklusief te kry. Hulle wil nie almal dieselfde lyk nie en wil aan hulle lesers iets uniek bied. Ek gaan egter een van die dae op ‘’n vaart op die Simfonia, en ek gaan my stories op 3 reiswebwerwe publiseer (reeds gereël en goedgekeur). Jy pas dan jou storie aan vir die verskillende publikasies, sodat almal nie dieselfde is nie.
V: Word jy toegelaat om jou stories na verskeie publikasies op een slag te stuur?
A: Dit is toelaatbaar, maar jy gaan nie baie gewild wees nie.
V: Hoe vind jy uit oor stories waaroor jy kan skryf?
A: As jy nie idees het nie, dan hoort jy nie in hierdie posisie nie. ‘n Goeie joernalis het altyd ‘n idee of twee (of drie) en as jy nie het nie, dan weet jy waar om dit te gaan soek. Surf die net, gebruik soekenjins, praat met kollegas of kenners in jou netwerk en jy sal gou aan die gang wees. Om aan die skryf te kom het jy net een ding nodig: dissipline. Die feit dat jy nie meer ‘n baas het om jou aan te vuur nie, beteken jy moet selfgemotiveerd wees. As jy lui is, hoort jy weereens nie in hierdie posisie nie en sal jy kort voor lank ook nie meer werk nie. Om werk op tyd te lewer is deel van jou beeld, van jou handelsmerk as joernalis. Jy is jou eie handelsmerk, in my geval is dit dus Helen Ueckermann. As daar ‘n slegte reukie aan die naam begin kleef, begin mense en werkgewers jou vermy. Dit is dus jou taak om jou beeld skoon te hou en op te bou as betroubaar, ingelig, konsensieus, respektabel, ens.
In elk geval, terug na die vraag: Ek is vroeg elke oggend eerste ding op die internet om te kyk wat gaan aan op die nuuswebwerwe, party keer ook net na middernag. Ek kry ook heelwat persverklarings van maatskappye in die veld waaroor ek skryf. Dan is ek deel van ‘n groot aanlyn-gemeenskap joernaliste wat jou dadelik laat weet wat aangaan. Ek het skaars 5 minute na Lucas Maree se dood geweet dat hy oorlede is. Jy moet onthou dat vryskutte dikwels nie harde nuusskrywers is nie en dus nie altyd alles eerste hoef te weet nie. Jy mooet die wel gou weet, sodat jy op hoogte van sake is.
As jy op hoogte van die nuus is, het jy gewoonlik gou ‘n paar idees. Ek bespreek dit ook dikwels met mede-joernaliste, ons deel graag, ons is nie noodwendig almal besig met dieselfde storie nie.
V: Is die werksure regtig buigbaar, of neem dit meer as ‘n 9-5 werk?
A: Dit hang af van hoe besig jy is, hoe fluks jy is en hoe hard jy geld nodig het. Ek het verlede jaar in die winter, 7 weke aaneen gewerk, elke dag, elke aand en elke naweek. Ek was poegaai! November, Desember en Januarie was weer baie stil. Ek het lekker boeke gelees en gaan fliek. As dit reën moet jy skep, sodat jy kan ontspan as daar stil tye kom.
V: Is dit moontlik om op ‘n vryskut-salaris alleen te oorleef?
A: Hoe harder jy werk, hoe meer verdien jy. Jy kan oorleef as jy jouself goed bemark en uitstekende werk lewer. Hiermee bedoel ek byvoorbeeld: om jou werk op tyd te lewer is deel van jou beeld, van jou handelsmerk as joernalis. Jy is jou eie handelsmerk.
Hoe bemark jy jouself? Hier is ‘n paar maniere: Ek het ‘n besigheidskaartjie, briefhoof en webwerf wat ek daarvoor gebruik. As die werk min raak sal ek ‘n lys artikelvoorstelle stuur vir publikasies waaruit hulle kan kies of wat hulle kan uitbrei na verwante idees toe. Word of Mouth is een van die belangrikste manier waarop jy bemark word, met ander woorde deur ander mense wat tevrede is met jou werk en dan vir ander mense daarvan vertel. Meeste van my werk kry ek op die manier.
V: Watter tipe werk doen jy wanneer jy nie vryskut doen nie?
A: ‘n Mens sukkel om net te leef van vryskutjoernalistiek. Jy sal 24/7 moet skryf, en edan moet jou ma nog steeds vir jou grondboontjiebotterbroordjies oorstuur.
Daarom doen die meeste van ons meer as dit. Ek doen byvoorbeeld ook mediaskakelwerk, vertalings, redigering en korporatiewe skryfwerk.
V: Is die kompetisie tussen vryskutjoernaliste baie rof? Hoe hanteer jy dit?
A: Meeste vryskutte het ‘n eie nisgebied waarin hulle werk. Myne is persoonlike finansies. Daar is ander ook wat in daardie veld skryf, maar jy moet moeite doen om naam te maak. as tydskrifte/maatksappt jou een keer gebruik het jy voldoen aan die verwagtinge (sien antwoord op vraag “Is dit moontlik om op ‘n vryskut-salaris alleen te ooorleef?”), vra hulle jou gewoonlik weer. Hoekom sal hulle die moeite doen oom iemand anders te gaan soek? Weereens: hou jou werk op standaard, moenie lui en gemaklik raak nie. Elke stuk wat jy skryf, is soos die heel eerste een wat jy vir ‘n kliënt skryf – jy moet deurgaans beïndruk.
V: Waar is jy al gepubliseer?
A: Rapport; Beeld; Taalgenoot; Foschini Club Magazine; Public Sector Manager; Magazine; Labour Dynamix; living Balance; iAfrica.com; Jouwêreld.com; Travelwrite.com; Elan. Soos jy kan sien, doen ek nie graag hoofstroommedia nie, hulle betaal maar vrot.
V: Wat is nodig om ‘n goeie vryskutbestaan te maak?
A: As mens: oopkop, deursettingsvermoëm slim met jou eie geld kan werk, goeie nuus- of artikelidees kan identifiseer, noukeurig met feite omgaan, selfvertroue om mense met jou idees te nader, hare op die tande het as hulle nie in jou idees belangstel nie, weet waar jou niche is en bou daarop voort, goeie taalvermoë, moet artikel foutloos aanmekaar kan sit sodat dit vloei en lekker lees, moenie bang wees vir harde werk nie, moenie geïntimideer word deur mense in hoë poste nie, moet ‘n goeie netwerk van goeie kontakte hê, internet- en rekenaarvaardig wees, moet inligting uit mense kan kry, moet ‘n idee of storie in ‘n beperkte aantal woorde kan oordra en presies by daardie woordtelling kan hou.
Hardeware: Goeie skootrekenaar, goeie woordverwekingsprogramme, internet, skype, e-pos. Besigheidskaartjies, briefhoof, webwerf. Drukker, faks, skandeerder en ander kantoortoerusting. Woordeboeke. Ingeteken wees op relevante tydkskrifte met betrekking tot jou veld. ‘n Finansiële adviseur, ‘n belastingkundige en ‘n rekenaarnerd.