Sy sal mure vol teken
Uit respek wil jy onmiddelik vir haar tannie sê, maar sy korregeer jou vinnig. “ Ag man, ek is Coral”. Ons sit in Coral Fourie se tuin van haar huis in Parys. “Parys is ‘n baie lekker dorpie. Hier het ek besluit ek wil by niks betrokke raak niek ek is heetlemal a-sosiaal. Ek ken nie die mense van parys nie, maar dit pla my ook nie.”
Sy kan haar vriende op een hand tel en hou nie daarvan as mense oor ditjies en datjies soos honde, kinders en resepte praat nie. “Ek is nie ‘n troeteldier mens nie en die eerste ding wat die mense vir jou vertel is ‘Ek kan nie vanaand by jou kom eet nie want my honde is alleen.’ Kak! Dit is ‘n hond.” Wanneer sy vir jou kyk, kyk sy regdeur jou.
“Julle sal dit nog leer met ervaring,. Die hele lewe is ‘n ervaring en jy leer om mense te lees. Karaktereienskappe gaan jy naderhand kan lees met die ontmoet slag.” Dít het Coral by die Boesmans geleer. Ja, Boesmans, “want hulle verkies om Boesmans te wees,” nie die San mense nie.
Coral het nie net saam met hulle grootgeword nie, maar het ook later in haar lewe baie met die Boesmans te doen gehad. Soos die keer toe sy saam met die BBC uitgegaan het om ‘n dokumentêr te skiet.
Voor sy intens begin skilder het, het sy eers ‘n ander pad geloop. “Ek het eers al die dinge gedoen wat die lewe van my verwag soos skool hou.” Hoewel sy nog altyd geskilder het, het sy eers op die ouderdom van 60 regtig daardie rigting ingeslaan.
Sy het ‘n driejaar diploma in onderwys en het onder meer in die Transkei skool gegee. Standerd drie, vier en vyf. Sy het ook in Lichtenburg toe by Gahetso skool gegee het. Dit was rondom 1988. “In daardie jaar breek die Riots uit. Toe word ek deur die ANC weggejaag by daai skool.” Coral het haar alles vir daardie skool gegee. Haar stem is nog vol van die seer wat oorgebly van daardie insident.
Die kinders was mal oor haar. “Party van daardie kinders bel my nou nog. Tydens die protes het die skoolkinders waarvoor sy klas gegee het haar selfs beskerm. “Ek is amper gestenig. Hulle het tussen my en die gang kom staan en gesê ‘Julle doen dit nie aan ons ma nie.’” Toe die betogers die skoolhoof wou beetkry het sy in die deur gestaan waar die hoof weggekruip het. “Toe sê ek hulle moet my eers dood maak, en daarna kan hulle by die hoof uitkom. Waar ek die moed gekry het weet ek wragties nie.
Haar gesig is oop en vriendelik. Eerlik. Onpretensieus. Soos die Boesmans. “Daar is niks kunsmatigs aan hulle nie, niks pretensie nie. hulle is wie hulle is.” Net soos sy.
Volgens Coral het sy nog nie erkenning in die kunswêreld gekry nie, maar dit pla haar duidelik nie. “Ek werk verskriklik afgesonder. Dit is vir my ‘n baie persoonlike saak. Ek behoort nie aan al hierdie avant garde goed nie. Ek doen wat ek eerlik voel ek moet doen. My kuns is eerlik. Take it or leave it.”
Sy is nie die tipiese, of eerder stereotipiese kunstenaar nie. “Die mense wat die image van ‘n kunstenaar het is gewoonlik nie een nie.” En ‘n kunstenaar moet geballanseerd wees.
Diegene wat van haar kuns wil koop moet die by haar self koop. Of by die gallery waar sy ‘n ogie kan hou.
Persoonlike kopers van oorsee het ook al van haar werke gekoop, maar daar is egter ‘n baie klein persentasie van ons eie land wat weet hoe om kuns te waardeer. “Die Suid-Afrikaanse publiek is heeltemal kuns ongeletterd. Die europeer word met kuns gekonfronteer vandat hy kan kruip. Hulle eet slaap en drink kuns. Ons kultuur is nog te jonk, as ons een het!”
Hoe langer jy met haar praat hoe meer besef jy die is nie net ‘n onderwyser wat later in haar lewe begin skilder het nie. Dit is ‘n vrou wat by Walther Batis geleer het. Een wat ‘n skerpskutter vir die Komando se mans A-span was en ook saam met Jacques Cousteau ‘n dokumentêr geskiet het.
Sy het selfs ‘n paar boeke, insluitend kinderboeke geskryf. Sy maak dit duidelik dat sy slegs stories van die Boesmans versamel en neergepen het. “Ek. Is. Nie. ‘n. Skrywer. Nie!”
Later in Oktober gaan sy vir haar 75ste verjaarsdag ‘n uistalling by die NWU PUK se gallery hou. Sy doen spesiale uitsallings vir elke groot ouderdom wat sy bereik.
Wat beteken tyd vir haar? “Hierdie oomblik wat jy hier sit is die belangrikste in jou lewe, want hierdie oomblik wat jy leef is God gegewe. Jy moet die beste maak van die oomblik. Van elke oomblik van elke minuut, van elke dag.” Met elke woord word haar vuis op die tafel geslaan.
Van aftree is daar ook geen praatjies nie en niks sal hierdie vrou keer om te doen waarvoor sy lief is nie. Nie eers al vat hulle al haar kuns goed weg en sluit haar toe nie. Wat sal sy doen as hulle haar sou toesluit in ‘n tronk. “Ek sal die mure vol teken.”