'n Kultuur van sy eie
Die Potchefstroom Wandellaan is sinoniem met die dorp self. Daar is geen ander plek met so ‘n groot vermening van kleur, kultuur en mense nie, skryf Burger Meyer.
Kerkstraat in Potchefstroom kom heel gewoon voor. Daar’s ‘n paar besighede, banke en ‘n kroeg. Maar die oomblik wanneer jy deur die sementpilare loop en die Wandellaan betree voel jy skielik soos Alice wat die haas gevolg het en in Wonderland beland het.
Die reuke is oorweldigend. Dit is asof jou sintuie nie kans kry om op een plek stil te staan nie. Dit kan moontlik wees omdat die kosreuke nie bekend is nie. Daar waar jy loop is jy bewus van die een of ander dis wat voorberei word.
Die klere wat voor die winkels uitgestal is kontrasterend teenoor die ou geboue wat agter dit staan.
Die Potchefstroom Wandellaan is amper sinnoniem met die dorp self. Eens op ‘n tyd was dit dé plek om inkopies te doen. Vandag het die wandellaan egter ‘n ander kant wat na vore kom, maar op ‘n goeie manier.
Die straat is oorlaai van mense. Of miskien is dit net die min spasie wat daar is om te loop. Die twee rye winkels word geskei deur ‘n straat wat net breed genoeg is vir een kar om op ‘n slag deur te ry. Wanneer jy afkyk in die straat lyk dit soms as die eenkant van die staat ‘n spieëlbeeld is van die ander kant. Die een winkel lyk amper presies soos die ander, en wanneer jy nader kom sien jy dat hulle name selfs amper dieselfde. Soos een van die vele Krap Krap winkels.
Nomvulu Jacobs werk sedert Februarie by Krap Krap, maar sy is reeds versot op die straat. “Dit is verskillende mense wat almal vriendelik met mekaar is en saamwerk,” sê Nomvulu.
Krap Krap is ‘n gepaste naam vir die winkel wat bars van kleur. Binne voel dit amper soos ‘n pantjieswinkel waar jy die een item moet oplig voor jy na die volgende een kan kyk. Die rye winkelpoppe in helder uitsrustings staan op aandag buite die winkel. Dit word gevolg deur ‘n ry skoene wat ‘n pakkie liquorice All Sorts sal laat skaam kry.
Erens speel onbekende musiek uit een van die meubelwinkels. Terwyl jou een oor probeer om beter te hoor wat die musiek is, herken die ander oor vir Nicholis Louw wat uit ‘n nog ‘n winkel blêr. Wanneer jy in die middel van die straat gaan staan voel dit of die liedjies, wat uit twee wêrelde heet, ‘n nuwe ritme van hulle vorm.
Asof die kleure en klanke nie reeds oorweldigend is nie, gooi die name van die winkels nog verf op die skilderdoek. Brothers Supermarket ,Kitchen Gossip en Special Moments. Die laasgenoemde behoort al vir 20 Jaar aan Abdul Latib.
Die winkel se bord beskryf dit as die nommer een geskenkwinkel en het enige iets van televisies tot beddegoed. Met die eerste intrapslag, is dit duidelik dat die bord nie jok nie.
Latib sê egter dat baie dinge verander het sedert die Mooirivier Mall oopgemaak het. “Ons het baie van ons kliënte verloor sedert die nuwe winkesentrum oopgemaak het. Ons het alles hier wat hulle in die nuwe winkelsentrum het en dit is goedkoper hier.”
Die kwessie van veiligheid is een wat gepaard gaan wanneer mense van die Wandellaan praat. Die donker hoekies aan die einde van ‘n lang systraat dra by tot die vrae rondom die veiligheid van Kerkstraat. Tog is dié mense wat in die Wandellaan is nie bekommer daaroor nie. Volgens Latib is dit baie veiliiger sedert daar sekuriteitskameras ingesit is.
Vir Riki Rigter van die Mooirivier Apteek is die veiligheid van die Wandellaan ook nie ‘n kwessie nie. “Ons werk soms tot nege uur in die aand en het nog nooit bedreig gevoel nie.” Dit is miskien eerder die vriendelikheid van die straat wat uitstaan. Rigter vertel dat wanneer hulle in die aande toesluit, sal die apteek se kliënte wat buite die plaaslike kroeë sit hulle vriendelik groet.
Soos die Wandellaan sinnoniem is met Potchefstroom is die Moorivier Apteek sinnoniem met die Wandellaan. Volgens die naambord wat bo die apteek staan, is hulle al sedert 1927 daar. Dit is net ‘n paar winkels weg van Krap Krap wat slegs vier jaar al hier staan.
Dit is die einste vermenging van oud en nuut wat bydra tot die gevoel dat jy Alice is en dié Wonderland is iets wat totaal en al buite jou normale raamwerk is. Maar dit is juis hom sy eie kleurvolle kultuur gee. Niks in hierdie straat pas by mekaar, tog werk die mengelmoes van kleure reuke en klank uitstekend saam.
Rigter sê dat ‘n mens net verby jou persepsies van die Wandellaan moet kom. “Mense moet besef die straat het ‘n lewendige kultuur van sy eie.”

Gaan kyk na die foto's van die Potchefstroom Wandellaan by die foto galerye